Waarvoor staan Prisma?
Ons leef ons Passie vir die Here, Sy mense en die omgewing.
In ‘n diverse gemeenskap is respek vir ons ‘n belangrike hoeksteen van gemeente-wees. Ons leef wedersydse respek, ongeag die omstandighede.
Dit wat ons sê is wat ons doen. Ons leef as onvolmaakte mense bewus van ons swakheid en deursigtig met mekaar.
Wat ons doen en hoe ons leef vir die Here en vir mekaar, doen ons in die styl van Christus. Stylvolheid vra andersheid, inklusiwiteit en sensitiwiteit.
Die wêreld en alles daarop behoort aan die Here, ons glo dat die Alomteenwoordige God reeds by alle mense betrokke is. Ons sluit aan by dit wat God reeds besig is om te doen.
Ons leef in ‘n snel veranderende samelewing en ons poog om kerk te wees vir vandag se mense. Daarom leef ons met ons vinger op die pols en pas aan soos nodig sonder om ooit ons kernwaardes te versaak.
Kontak ons vandag om meer uit te vind hoe ons jou kan help.
Telefoon: +27(0)11 665 2017 E-pos: admin@prismakerk.co.za
Alle regte voorbehou | Rant en Dal Prisma | Privaatheid