Raak Betrokke

Meld hier aan:

Groepe

Word deel van Prisma 

  • Vroue- en Mannebediening

    Elke Donderdagoggend om 06:00. Die vroue kom bymekaar in die Konsistorie in die kerk en die manne kom bymekaar in die kerksaal. Vroegoggend ontmoetings rondom die Bybel met goeie koffie en kuier.

  • Selgroepe

    Kontak gerus die kerkkantoor by 011 665 2017 om te hoor by watter groep jy betrokke kan raak.

  • Prisma Hikers

    Een keer ‘n maand durf ons ‘n staproete aan! Roetes, afstande en moeilikheidsgraad word afgewissel om soveel as moontlik mense te akkommodeer.

  • Senior lidmate

    Ondersteuning is nodig op enige fase van ons lewens, veral in hierdie besonderse fase. Kom kuier weekliks op Dinsdae  om 11:00 saam in die kerkgebou rondom die Woord.

Jeug- en Gesinsbediening 

By Prisma gemeente is kinders en tieners baie welkom! Ons bedien kinders en tieners op hul onderskeie ontwikkelingsfases en probeer dit doen op ‘n manier wat hulle verstaan en geniet.


Ons glo dat kinders van alle ouderdomme ‘n plek moet hê waar hulle deel van die gemeente kan wees. 

Gemeenskapsbetrokkenheid

Mogale Upliftment Foundation is ons gemeente se voertuig waardeur ons projekte in die gemeenskap bestuur. Projekte word verdeel in 4 fokusareas: 


  • Armoedeverligting 
  • Bejaardesorg 
  • Kindersorg 
  • Vaardigheidsontwikkeling 


Lof en aanbidding 

Lofprysing by Prisma is nog altyd een van die hoogtepunte by ons eredienste.


Lofprysingsgroepe en tegniese spanne oefen weekliks om 'n platform te skep waarin elke persoon die Here kan ervaar. 

Geestelike- en

emosionele ondersteuning

Dit is vir ons belangrik om lidmate ook emosioneel te ondersteun.


Of die behoefte ‘n informele-, ondersteunende gesprek is, of professionele berading/terapie - ons help graag. 


Kontak gerug ons kerkkantoor vir 'n afspraak 011 665 2017.


Ons is lief vir God en Sy Woord. 

Ons leef ons roeping uit teenoor al God se mense, en glo dat ALMAL gelyk is onder God se Reënboog van Genade. 

Ons neem verantwoordelikheid vir die gebrokenheid van mense en die herstel van die omgewing. 

Share by: